Almal het skuld,
ongelukkig kan meer as 60% van die bevolking nie betaling van hul skuld op
datum hou nie. Die gevolg is gewoonlik MEER skuld ten einde te poog om alle
skuldeisers gelukkig te hou.
Hierdie
skuld-spiraal, tesame met ons land se swak ekonomiese klimaat, lei altyd tot
groot druk, armoede asook enorme negatiwiteit. Meeste mense werk slegs om hulle
skuld te PROBEER betaal.
Daar is basies
drie wyses waardeur verligting beding kan word:
1.
Administrasie
– vereiste is dat die totaal van skuld nie R50,000-00 mag oorskry nie;
2.
Skuldberading
– proses waardeur daar met skuldeisers beding word vir betaling van ‘n
verminderde maandelikse paaiement.
In beide gevalle bo word die skuldlas nie verlig nie. Die skuld sal
inteendeel meer word as gevolg van kostes asook rente. Beide gevalle het ook
tot gevolg dat geen nuwe skulde mag/kan verkry word nie, dit geld tot alle
bestaande skuldeisers ten volle betaal is (u sal uit die aard van die saak
gelys word by bykans alle kredietburo’s). Administrasies kan tot 30 jaar geldig
wees afhangend van die skuldbedrag asook die maandelikse paaiement, so ook
skuldberading!
3.
Sekwestrasie
- die enigste skuldoplossing wat toelaat dat 'n skuldenaar
ontslae kan raak van tot 80% van sy skuld deurmiddel van 'n enkele proses en is
relatief pynloos.
Voordele:
Raak maklik en pynloos ontslae van u skuld;
Stop bykans onmiddellik die knaende oproepe asook briewe van skuldeisers,
hulle kan met u prokureur gesels;
Geen onwelkome besoeke vanaf die balju of enige verteenwoordiger van enige
skuldeiser nie;
U begin onmiddellik met ‘n nuwe boedel, geen toekomstige gelde en/of bates
kan by u weggeneem word nie, sou u byvoorbeeld ‘n dag na die bevel toegestaan
is, geld erf of wen, is dit veilig;
U kan u eie bates terugkoop oor ‘n periode van 12 tot 18 maande – koste en/of
rente vry. Dit beteken dat u nie eers van u bates sal verloor nie (dit sal
tydens konsultasie breedvoerig verduidelik word);
Na slegs 5 jaar kan u rehabiliteer of u kan eenvoudig 10 jaar wag waarna u
status outomaties na “normaal” verander word. Alle kredietburo’s is verplig om
u naam in ere te herstel deur u kredietrekord “skoon” te maak;
U hoef ook geen Hofverrigtinge by te woon nie, u Regspan sien toe tot die
nodige.
Enkele Nadeel:
U mag vir 5 of 10 jaar, afhangend van ‘n rehabilitasie aansoek, geen skuld
aangaan nie.
Sommige se: “Dit
klink te goed om waar te wees”. Dit is nie, soos AL ons bestaande kliente ook
kan getuig!
Bekostigbare
professionele hulp is slegs ‘n oproep vêr, vat die kans, u nuwe lewe lê om die
draai!
U eerste
konsultasie is gratis en sal die volgende behels:
1.
U sal
behoorlik asook volledig ingelig word van die stappe, proses, kostes asook
voor- en nadele;
2.
Al u
vrae sal eerlik en opreg beantwoord word;
3.
Daar
word ‘n volledige evaluasie gedoen van u finansiële posisie;
4.
U sal
advies ontvang rakende die beste opsie vir u persoonlike finansiële
omstandighede.
Na afloop van die
konsultasie sal u in ‘n posisie wees om ‘n ingeligte besluit te neem rakende u
toekoms.
Geen fooie en/of
kostes is betaalbaar vir die konsultasie nie.
Indien u besluit
om nie van ons diens gebruik te maak nie sal daar ook steeds geen kostes wees
ten opsigte van die konsultasie nie.
Alle konsultasie
is streng privaat en vertroulik.
Skakel ons gerus
vir verdere besonderhede of om u konsultasie te bespreek.
Indien u eers
verdere inligting verlang sal ons op aanvraag ‘n volledige inligtingstuk aan u
versend per epos. U kan die inligtingstuk hier versoek.
